Saturday 15 March 2014

Een Tak van die Steenkamp-boom

Hierdie blog handel net oor 'n spesifieke tak van die Steenkamp-stamboom. Enige Steenkamp wat sy eie herkoms wil navors, kan die Geslagsregister van die Steenkamps in Suider-Afrika (deur Dr JH Steenkamp) bekom van Colin Pretorius.  colinp@fmxau.com
 
**************************
 


Die direkte stamlyn van Jan Harm Steenkamp (arriveer in die Kaap 1714)

tot by Jacob Rudolph Steenkamp IV (arriveer in Pretoria 2007)

Die Steenkamps in Suid-Afrika kom 'n ver pad: daar is driehonderd jaar en tien geslagte tussen Jan Harmensz se geboorte in Europa en diè van jongste Steenkamps in die tak wat ons hier volg.  Langs die pad het hulle die gene-poel verryk met vrouens wat stam uit Holland, Duitsland, Swede, Denemarke, en Frankryk.

Verskeie Steenkamp-eggenotes was die dogters of kleindogters van Suid-Afrikaanse stamvaders: op diè manier is die Steenkamps dan ook verwant aan al die Krugers, die Griesels, die Swiegerse en so aan. Ons kyk ook na die herkoms van hierdie voormoeders.

Trouens, die bevolking aan die Kaap was so klein in die vroeë jare dat huwelike tussen neefs en niggies nie ongewoon was nie. Teen 1691 was daar net oor 'n duisend inwoners, plus ongeveer 400 slawe. Ons, hulle afstammelinge, kom uit 'n baie klein genetiese poel en is maar almal eintlik een groot familie. As ons ouer mense "Oom" en "Tannie" noem, is dit nie verniet nie!

Hier volg die eerste tien geslagte in die direkte manlike lyn van ons tak van die Steenkamp-familie in Suid-Afrika: 

Die eerste drie geslagte is die stamvader Jan Harm, sy seun Gerrit, en sy kleinseun Gerrit. Die volgende drie erfgename in ons direkte stamboom was almal Johan David Gerhardus genoem en die laaste vier Jacob Rudolph. Ons sien ook waar die tradisionele familiename Johan David Gerhardus en Jacob Rudolph hulle oorsprong het.
 

Tien geslagte:

1. Jan Harm  

i.Gesina Visser

ii.Jannetje van Eck (ons stammoeder)

2. Gerrit  m Hendrina Kruger

3. Gerrit m Barbara Griesel

4. Johan David Gerhardus  m Johanna Swiegers

5. Johan David Gerhardus m Heiltje Erasmus

6. Johan David Gerhardus  m  Maria Johanna (Miemie)  van Niekerk

7. Jacob Rudolph m Cornelia Carolina (Nellie) du Plooy

8. Jacob Rudolph m Magdalena Johanna (Maxie) van Eeden

9. Jacob Rudolph m Joalet Dalene Gouws

10 Jacob Rudolph (geb 9 Oktober 2007)

Ons Tak van die Steenkamp-Boom : Die Eerste Geslag:

Jan Harmensz STEENKAMP

en Gezina VISSER

Jan Harmensz STEENKAMP  het in 1714  na die Kaap gekom van Nieuwkerk - dis nie duidelik of dit die Hollandse of Belgiese dorpie met dié naam was nie. Die "Harmensz" deel van sy naam is 'n patroniem: voluit "Harmenszoon", menende dat hy die seun was van Harm.

Hy word eienaar van die plaas "Het Slot" in the Drakenstein Distrik, op 4 April 1715.

Hy moes voor 1747 gesterf het, want dit is wanneer sy tweede vrou,  Jannetje VAN ECK,  hertrou het.

Sy eerste vrou was Gesina VISSER, met wie hy getroud is op 14 Oktober 1714.

Jan and Gezina had vier kinders, die jongste 'n tweeling:

1 Margaretha, gedoop 1 Sept 1715, getroud met Floris Smit

2 Johanna, gedoop 4 Oct 1716, getroud met Gerrit Nieuwoudt

3 Jan, gedoop 18 Sept 1718

4 Gijsbert, gedoop 18 Sept 1718

Gesina het gesterf tussen die geboorte van haar jongste (miskien met die geboorte?) en 19 Mei 1720, toe Jan vir die tweede maal trou.

 Sy tweede vrou was Jannetje VAN ECK.

 


Stamvader Jan se Eerste Huwelik


Jan Harmszoon Steenkamp se eerste vrou was Gesina VISSER, met wie hy getroud is op 14 Oktober 1714.

Jan and Gezina had vier kinders, die jongste 'n tweeling:

1 Margaretha, gedoop 1 Sept 1715, getroud met Floris Smit

2 Johanna, gedoop 4 Oct 1716, getroud met Gerrit Nieuwoudt

3 Jan, gedoop 18 Sept 1718

4 Gijsbert, gedoop 18 Sept 1718

Gesina het gesterf tussen die geboorte van haar jongste (miskien met die geboorte?) en 19 Mei 1720, toe Jan vir die tweede maal trou.

Sy tweede vrou was Jannetje VAN ECK.

Die Vrou se Kant ( al is Gesina Visser nie ons voormoeder nie, is dit interessant om iets van haar en haar familie te weet.)

Gesina VISSER was die dogter van Gerrit Jansz VISSER, gebore in Overijssel, Friesland,en sy vrou Jannetje Hendriks THIELEMANS, gebore aan die Kaap. ("Jansz" = "Janszoon": seun van Jan)

Gesina se grootouers aan vaderskant was Jan Coenraad VISSER, 'n soldaat en prediker, wat na die Kaap gekom het  in 1657 van  Friesland, waar hy gebore is, en sy vrou Margaretha GERRITS, gebore  in Hardenberg, Nederland, c.1640.

Die twee is getroud in Nederland, c.1653. Margaretha het agtergebly terwyl  Jan Coenraad na die Kaap gekom het -  sy het gevolg in 1662 met hulle vyf kinders.

Gerrit Jansz VISSER, vader van Gesina, was hulle sesde kind en die enigste een gebore aan die Kaap.

Hulle tweede kind en oudste seun, Gesina se oom,  Coenraad VISSER, was getroud met Catherina Everts van der Zee, maar hy het ook 'n jarelange verhouding gehad met sy moeder se slavin, Maria van Negapatnam. (Negapatnam is in die moderne Indiese provinsie Tamil Naidu, hoofstad Chennai.)

Coenraad VISSER was die vader van tien kinders. Ons weet nie hoeveel van hulle was sy vrou s'n nie - sy Indiese houvrou Maria had ten minste drie kinders by hom.

Gesina se grootmoeder Margaretha GERRITS was vermoor deur haar huisslaaf Claas (van Malabar in Suid-wes Indië): Op 'n Vrydagaand in Maart 1692 was Margaretha in die kombuis besig, toe die slaaf Claas daar deurstap met die byl, op pad om te gaan hout kap. Sy raas nog met hom omdat hy nie reeds die hout klaar gekap het nie, toe skree hy op haar: "Jou lelijke oud hond, jij moogste den selvers gaan haalen!" Sy mik om hom 'n klap te gee, en daarmee kap hy haar in die nek met die byl: haar kop was amper heeltemal af.

Stamvader Jan se Tweede Huwelik


Jan Harmensz  se tweede huwelik, met ons stammoeder

 Jan Harmensz STEENKAMP

en Jannetje VAN ECK

Jan Harmensz STEENKAMP had 14 kinders,  die oudste vier by sy eerste vrou Gesina VISSER en nog tien by sy tweede vrou, Jannetje VAN ECK.  Hulle het in die  Drakenstein distrik gewoon.

5 Jan, gedoop 19 Oktober 1721. Hy sterf jonk.

6 Gesina, gedoop  4 Julie 1723; m. (i) Jan Labuschagne en (ii) Jan Nel.

7 Jan Harmen, gedoop  3 Des 1724, m. (i) Helena van Heerden (ii) Susanna Minnaar.

                          Twee kinders.

8 Casper Jan Hendrik , gedoop   c.1726, m. Leonora Catharina van Aarde:     11 kinders
                    
9 Anna, gedoop 30 Mar 1727.

  Sy is in 1772 saam met haar moeder en stiefvader Johan Teutmann op die grens van die Roggeveld deur Boesmans vermoor.

10 Lucas, gedoop   24 Julie 1729, m. Johanna Zaal.

                      6 kinders

11 Wilhelm, gedoop  4 Mei 1732, m. Hendrina Smit.

Dertien kinders Hulle 12de kind, Johanna Levina, trou met haar eie neef Carel Gerrit Steenkamp.

12 Arie Dirk, gedoop   19 Sep 1734.

        Kinderloos

13 Gerrit, gedoop   7 Okt 1736, m. 10 April 1763 Hendrina Cecilia KRUGER.

Agt kinders. Hulle seun Carel Gerrit trou met sy niggie Johanna Levina, (sien hierbo)

14 Floris, gedoop 22 Mar 1739.

Ons stam af van JAN en JANNETJE se dertiende kind,

GERRIT, en sy vrou Hendrina Cecilia KRUGER.

Die Vrou se Kant

Ons weet nie veel van Jannetje VAN ECK en haar familie nie.

Sy was die dogter van Adriaan Dirk VAN ECK, gebore c.1680 in Amsterdam, Holland en Johanna HAESTER (of KOESTER), gebore c.1683 in Leiden, Holland. Hulle is in 1691 getroud. Johanna Koester was die weduwee van Thomas Monk.

Hulle het vyf kinders gehad: behalwe Jannetje was daar  Marijtje, wat met 'n Van der Pijl getroud is, Dirk, Willem en Johan. 

Jannetje was die tweede kind. Sy is 1720 met Jan Steenkamp getroud.

 Nadat Jan Steenkamp in 1744 oorlede is, het  Jannetje van Eck op 2 April 1747 met John Heinrich Teutmann getrou. Die egpaar is albei saam met hulle dogter Anna gedurende 1772 aan die grens van die Roggeveld deur Boesmans vermoor. Dis nie bekend of Jannetje en Teutmann  kinders gehad het nie.

Die Tweede Geslag


Die Tweede Geslag:

Gerrit STEENKAMP

en Hendrina Cecelia KRUGER

Gerrit STEENKAMP, gedoop 7 Okt 1736

getroud 10 April 1763 met

Hendrina Cecilia KRUGER, gedoop 3 Julie 1744.

Hulle het agt kinders gehad:

 1 Johanna c.1764, m. Jacob de Klerk

2 Jacob, c.1766, m. Johanna Catharina Pretorius

3 Jan Harmse, c.1768, m. Regina Barbara Nieuwoudt

4 Christina, c.1769, m. Gerrit Diederik Victor

5 Gerrit STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771

trou 13 Maart 1796 Barbara Margaretha GRIESEL b. Paarl Junie 1780

6.  Hendrina Cecilia, c.1773, m. Guilliam van Niekerk

 7.  Gesina, c.1775, m. Daniel Nel

 8.  Carel Gerrit, c.1777, m. 1799 sy niggie Johanna Lavina Steenkamp.

Die Vrou se Kant

Hendrina Cecilia KRUGER se ouers was Jacob KRUGER and Christina STRANG.

Jacob KRUGER, (b.17.7.1718, d.10.11.1778) was die tweede seun van Jacob KRUGER, die stamvader van die KRUGERS van SuidAfrika. Pres. Paul Kruger was sy agterkleinseun.  Stamvader Jacob was gebore 28 Julie 1690 in Sandenbeck, Berlyn, Duitsland. Sy ouers was Franz Kroger en Elizabeth Pemoller. Hy het na die Kaap gekom as 'n "soldaat in diens van die Kompanjie", aan boord die Middelwout. Op 1 Mei 1718 trou hy en Jannetje Kemp in Kaapstad. Hulle het nege kinders gehad.

Christina STRANG was gebore 1721 in Kaapstad, dogter van Carel STRANG (later STRAUS) b. c.1693 Gothenburg, Swede, and sy vrou Anna Maria SWART b. c.1697 Stockholm.

In 1727 trou Anna Maria, 'n weduwee met drie dogters, met Joachim Scholtz, a Pruis wat in 1720 na die Kaap gekom het. Hy het gewerk as 'n stalkneg en later as 'n plassarbeider. Anna Maria sterf in 1732. Joachim moes toe alleen sorg vir die twee seuns uit sy huwelik met Anna Maria asook vir Christina, die enigste oorlewende Strang dogter. Hy het darem 109,14 riksdaalers by sy vrou geërf.

Joachim Scholtz was blykbaar maar 'n sukkelaar: na sy vrou se dood het hy aansoek gedoen om 'n toelaag vir homself en die kinders, op grond van "armoede en swak gesondheid".

Nadat Christina STRANG met  Jacob KRUGER getroud is, het sy gesorg vir haar oorlewende halfbroer,  Jan Joachim SCHOLTZ.

In 1733 is Joachim Scholtz getroud met sy derde vrou, Anthonietta CAMPHER, 'n dogter van  Lorenz CAMPHER en die voormalige slavin Ansela van die Kaap.

***********************************************************************************************************

Die Derde Geslag


Die Derde Geslag:
 

Gerrit STEENKAMP en

Barbara Margaretha GRIESEL

Gerrit STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771, getroud 13 Maart 1796 met

Barbara Margaretha GRIESEL, gebore Paarl Junie 1780.

Vier Kinders:

1 Anna Maria Jacoba, gedoop 9 Nov 1800, vernoem na haar ouma  Anna Maria Jacoba PELSER.

2 Onbekend

3 Johan David Gerhardus b.15 Mei 1805, dood as baba.

4 Johan David Gerhardus, gebore 15 Mei 1808, Kaapstad, gedoop 7 Aug 1808. Hy was 'n boer. Sterf 27 Mei 1872 op Hopetown, in die ouderdom van 63 jaar en 16 dae. 

Death notice dd 1872 held at Cape Archives, Cape Town. File ref: MOOC6/9/140 ref 8358

 He was waarskynlik vernoem na sy twee oupas, Johannes David Grootschel (of Griesel) en Gerrit Steenkamp. Die plat-Hollandse "Gerrit" verander in die meer formele "Gerhardus".

Hy trou 22 Feb 1832 op Graaff-Reinet met Johanna Cornelia Jacomina SWIEGERS

gebore 16 April 1814. Sy sterf 15 Nov 1890 op Beren in die Hay Distrik, nou Postmasburg, in 'n "ongeluk", maar watter soort ongeluk word nie vermeld nie.

Hulle het twaalf kinders gehad.

Die Vrou se Kant

Barbara Margaretha GRIESEL was die dogter van Johannes David GROOTSCHEL (later Griesel), van Copenhagen.

Hy was 'n matroos op die Deense skip Olifant wat  skipbreuk gely het in 1750 aan die Kaapse kus by Mosselbaai. Hy het die ramp oorleef en werk gekry by Casper Badenhorst vir wie hy twee jaar gewerk het. Daarna was hy in diens van die Heemraad N. Vlok.

In 1760 trou hy met Anna Maria Jacoba PELSER.

Die van het geleidelik verander in die Drakensteinse doopregisters: Grootschel in 1761, Grisschel in 1771, Grisel in 1794 en teen 1800 het dit Griesel geword.

Dit lyk asof dit by hierdie seevarende Deense voorvader is waar die "Johan David" van ons tradisionele Steenkamp-familienaam Johan David Gerhardus begin het.

********************************************************

Die Vierde Geslag


Die Vierde Geslag:


Johan David Gerhardus STEENKAMP en

Johanna Cornelia Jacomina SWIEGERS

Johan David Gerhardus STEENKAMP, gebore 15 Mei 1808, te Kaapstad, gedoop 7 Aug 1808.

Trou met Johanna Cornelia Jacomina SWIEGERS  gebore 16 April 1814.

Twaalf Kinders:

1. Johan David Gerhardus b. 2 Feb 1836, gedoop 7 Nov 1836 te Colesberg. Hy sterf 17 Dec 1877 aan die huis van Jacob Erasmus, sy skoonvader, te Hopetown, in die ouderdom 41 jaar en 9 maande. Hy laat die plaas "Klipfontein" na in the Hopetown distrik. Sy weduwee Heiltje het hertrou met Carl Johannes PRETORIUS.

Death notice dd 1878 held at Cape Archives, Cape Town. File ref: MOOC6/9/162 ref 4841

Hy was getroud met Heiltje Johanna ERASMUS, b. 29 Augustus 1835 in Graaff-Reinet. Sy sterf 28 Sep 1912 te Strydenburg.

2.       Martha Catharina m. Jan Valentyn vd Merwe.

3.       Renier Andries Petrus b. 1837 d. 1886

4.       Barbara Margaretha b. 1840 m. Petrus Paulus van Heerden

5.       Johanna Cornelia Jacomina m. Ian Robinson

6.       Anna Maria Jacoba b.1847 d.1865 m. Gert Steenkamp

7.       Hendrina Cecilia Elizabeth b.1848 d.1892 m. Piet Vivier

8.       Abraham Jacobus Petrus b.1854 d.1935

9.       Willem Barend Johannes b.1856 d.1888

10.     Jan Hendrik Valentyn b.1858

11.     Gottlieb Petrus b.1859, sterf as baba

12.     Gesina Susanna Maria b.1864


Die Vrou se Kant

Nog 'n Deense konneksie:

Johanna Cornelia Jacomina SWIEGERS

was die dogter van

Reijnier Adriaan SWIEGERS en Martha Catharina SWANEPOEL.

Reijnier Adriaan en sy broer Jan Falentijn was die seuns van Godlieb SWIGER,

wie se vader, Johannes Falentijn SWIGER, van Haderslev in Denmarke gekom het.

Toe Johanna C.J. Swiegers met Johan David G. Steenkamp getroud is, het hulle twee van hulle seuns Renier and Jan Valentyn genoem, na die Swiger broers.

************************************************************

 

Die Vyfde en Sesde Geslagte


Die Vyfde Geslag:


Johan David Gerhardus STEENKAMP en

Heiltje Johanna ERASMUS

Johan David Gerhardus STEENKAMP, gebore  2 Feb 1836 in Colesberg distrik, trou met

Heiltje Johanna ERASMUS, 29 Augustus 1835 in Graaff-Reinet.

Sewe Kinders:

1 Maria Catharina b.13 Julie 1856 Hopetown, m. Pieter Jacobus Fouche.

2 Johan David Gerhardus b.26 Maart 1858, d.11 Nov 1924 Douglas dist.

m. 9 Jan 1888 Maria Johanna (Miemie) van Niekerk

3  Johanna Cornelia Jacomina b.1 Julie 1860, trou met Willem Andries du Plooy

4 Anna Maria, b.23 Nov 1863, m. Louis Johannes de Jager.

5 Heiltjie Johanna, b.10 Des 1865, m. Philippus Cornelius Badenhorst.


6 Jacob Roedolph*** b.29 Maart 1868, d.29 Maart 1922. Gewoon te Vlakfontein in die Strydenburg distrik. Getroud met Maria Catharina Liebenberg, (weduwee van Hendrik Jan Harms du Raan) en dogter van Barend Frederick Liebenberg and Anna Maria Erasmus, die jonger suster van Jacob Rudolph ERASMUS hieronder vermeld.

 
 Jacob Rudolph ERASMUS was die oupa van

 6. Jacob Roedolph Steenkamp***, en hy was ook die oom van Jacob Roedolph se vrou, Maria Catharina Liebenberg. Dit maak Jacob Roedolph en sy vrou kleinneef en -niggie.  


7 Martha Catharina, b.14 Jun 1871.


Die Vrou se Kant

Heiltje Johanna ERASMUS was 'n dogter van

Jacob Rudolph ERASMUS

en

Hyltje Maria Catharina LIEBENBERG.

 
Die Erasmus Stamvader in Suid- Afrika is Pieter ERASMUS wat na die Kaap gekom het in 1693. Hy het geboer op die plaas "Groenkloof" in die Wagenmakersvallei (Wellington) in die sub-distrik of Drakenstein. Hy sterf in 1731.

Hy het getrou met Maria Elizabeth JOOSTE in 1697; hulle had ses kinders: die tweede seun was Lourens and Jacob Rudolph ERASMUS gebore in 1800, was Lourens se agterkleinseun.


Hyltje Maria Catharina LIEBENBERG c.1816 was 'n dogter van Barend Jacobus LIEBENBERG b.1791. Hy was die agterkleinseun van Christian LIEBENBERG, van Liebenwerda in Duitsland, wat in 1715 na die Kaap gekom het in diens van die Kompanjie. Hy was getroud met Catharina LUBBE.

************************************************
 

 Die Sesde Geslag:
Op Douglas, Noord-Kaap, 1919. J.D.G. Steenkamp en sy vrou Miemie, met hulle kinders.
Agter: Dix, Barend en Milla se man, Pieter Roos.
Middel: Dix se vrou Hannah met Johan (Tats), Oupa Gert en Ouma Miemie, Milla met Tielman.
Voor: Japie en Hailie

Johan David Gerhardus STEENKAMP en

Maria Johanna (Miemie) VAN NIEKERK
Miemie (van Niekerk) Steenkamp

Johan David Gerhardus (Gert) b.26 Maart 1858,

trou 9 Jan 1888 met Maria Johanna (Miemie) VAN NIEKERK, geb. 28.8.1863 te Hopetown,  dogter van Barend Jacobus van Niekerk en Maria Johanna du Plooy.

Vyf Kinders:

1. Johan David Gerhardus (Dix) b. 28 Dec 1888 Hopetown, d.25 Feb 1947 Pretoria.

m. 23 Jan 1917 in NG Kerk, Kimberley,  Jacoba Johanna Maria (Hannah) LOCHNER gebore c.1888

Kinders:  i  Johan David Gerhardus (Tats) b.23 Sep 1917 Douglas, d.1 Sep 1968 Pretoria; m.2 Nov 1940 in NG Kerk Pretoria, Magdalena Josephina Petronella (Lenie) Le Grange b.23 July 1920.

ii  Jan Tobias Lochner, b.15 Aug 1918, Douglas

iii   Helena Johanna Francina, b.1 Jan 1924 Douglas; m.1 Sep 1945 NG Kerk Pretoria Jacobus Nicolaas WHITEMAN

iv   Barend Jacobus, b.8 Mar 1927; m.Margaretha Elizabeth HERHOLDT
Japie en Milla



2.  Maria Johanna (Milla) b.27 Oct 1890 Hopetown;

m.20 Dec 1915 NG Kerk, Kimberley, Pieter Johannes ROOS 

geb. c.1886 

                         Vier kinders: Tielman, Maria Johanna (bekend as Suster), Pieter, Cornelia (bekend as Colleen)

 
3. Heiltje Johanna (Hailie)  b.20 Maart 1895 Hopetown;

m.28 Des 1922 Dr Hugh Graham  ANDERSON

Kinders:


i  William Wallace (Billy) b.1923, d.20 Apr 1929 in Impendhle, Natal; sterf aan tetanus, vyf jaar oud.


ii  Johan Graham b.17 Okt 1926 Impendhle, Natal, d.10 Mar 1970 Pretoria; m. 14 Jan 1956 Maria Johanna Petronella (Marietjie) Bezuidenhout b.6 Apr 19xx  Vier kinders.


iii   William Wallace b.15 Sept 19xx Pretoria; m. 1957 Magdalena Johanna (Maxie) van Eeden b. 17 Jan 19xx . Twee seuns: Hugh Graham en William Wallace.
 
Wallace, Maxie en Hugh Graham

4. Barend Jacobus b.22 Jun 1899 Hopetown, d.8 Okt 1955 Cradock;
Barend Jacobus (Barry)

m.31 Maart  1930 te Senekal, Hermina Alowina PIENAAR.

(2 Kinders: Anna Christina (Annette) geb 1935 en Johan David Gerhardus b 1937)

 
Japie en Nellie

5. Jacob Rudolph (Japie) b. 21 November 1908 Douglas, d.Feb 1988 Kimberley;

 m. 2 Mei 1934 te Pietermaritzburg, 

Cornelia Carolina  (Nellie) DU PLOOY b. 12 Mei 1902 Hopetown