Saturday 15 March 2014

Die Tweede Geslag


Die Tweede Geslag:

Gerrit STEENKAMP

en Hendrina Cecelia KRUGER

Gerrit STEENKAMP, gedoop 7 Okt 1736

getroud 10 April 1763 met

Hendrina Cecilia KRUGER, gedoop 3 Julie 1744.

Hulle het agt kinders gehad:

 1 Johanna c.1764, m. Jacob de Klerk

2 Jacob, c.1766, m. Johanna Catharina Pretorius

3 Jan Harmse, c.1768, m. Regina Barbara Nieuwoudt

4 Christina, c.1769, m. Gerrit Diederik Victor

5 Gerrit STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771

trou 13 Maart 1796 Barbara Margaretha GRIESEL b. Paarl Junie 1780

6.  Hendrina Cecilia, c.1773, m. Guilliam van Niekerk

 7.  Gesina, c.1775, m. Daniel Nel

 8.  Carel Gerrit, c.1777, m. 1799 sy niggie Johanna Lavina Steenkamp.

Die Vrou se Kant

Hendrina Cecilia KRUGER se ouers was Jacob KRUGER and Christina STRANG.

Jacob KRUGER, (b.17.7.1718, d.10.11.1778) was die tweede seun van Jacob KRUGER, die stamvader van die KRUGERS van SuidAfrika. Pres. Paul Kruger was sy agterkleinseun.  Stamvader Jacob was gebore 28 Julie 1690 in Sandenbeck, Berlyn, Duitsland. Sy ouers was Franz Kroger en Elizabeth Pemoller. Hy het na die Kaap gekom as 'n "soldaat in diens van die Kompanjie", aan boord die Middelwout. Op 1 Mei 1718 trou hy en Jannetje Kemp in Kaapstad. Hulle het nege kinders gehad.

Christina STRANG was gebore 1721 in Kaapstad, dogter van Carel STRANG (later STRAUS) b. c.1693 Gothenburg, Swede, and sy vrou Anna Maria SWART b. c.1697 Stockholm.

In 1727 trou Anna Maria, 'n weduwee met drie dogters, met Joachim Scholtz, a Pruis wat in 1720 na die Kaap gekom het. Hy het gewerk as 'n stalkneg en later as 'n plassarbeider. Anna Maria sterf in 1732. Joachim moes toe alleen sorg vir die twee seuns uit sy huwelik met Anna Maria asook vir Christina, die enigste oorlewende Strang dogter. Hy het darem 109,14 riksdaalers by sy vrou geƫrf.

Joachim Scholtz was blykbaar maar 'n sukkelaar: na sy vrou se dood het hy aansoek gedoen om 'n toelaag vir homself en die kinders, op grond van "armoede en swak gesondheid".

Nadat Christina STRANG met  Jacob KRUGER getroud is, het sy gesorg vir haar oorlewende halfbroer,  Jan Joachim SCHOLTZ.

In 1733 is Joachim Scholtz getroud met sy derde vrou, Anthonietta CAMPHER, 'n dogter van  Lorenz CAMPHER en die voormalige slavin Ansela van die Kaap.

***********************************************************************************************************

No comments:

Post a Comment