Saturday 15 March 2014

Een Tak van die Steenkamp-boom

Hierdie blog handel net oor 'n spesifieke tak van die Steenkamp-stamboom. Enige Steenkamp wat sy eie herkoms wil navors, kan die Geslagsregister van die Steenkamps in Suider-Afrika (deur Dr JH Steenkamp) bekom van Colin Pretorius.  colinp@fmxau.com
 
**************************
 


Die direkte stamlyn van Jan Harm Steenkamp (arriveer in die Kaap 1714)

tot by Jacob Rudolph Steenkamp IV (arriveer in Pretoria 2007)

Die Steenkamps in Suid-Afrika kom 'n ver pad: daar is driehonderd jaar en tien geslagte tussen Jan Harmensz se geboorte in Europa en diè van jongste Steenkamps in die tak wat ons hier volg.  Langs die pad het hulle die gene-poel verryk met vrouens wat stam uit Holland, Duitsland, Swede, Denemarke, en Frankryk.

Verskeie Steenkamp-eggenotes was die dogters of kleindogters van Suid-Afrikaanse stamvaders: op diè manier is die Steenkamps dan ook verwant aan al die Krugers, die Griesels, die Swiegerse en so aan. Ons kyk ook na die herkoms van hierdie voormoeders.

Trouens, die bevolking aan die Kaap was so klein in die vroeë jare dat huwelike tussen neefs en niggies nie ongewoon was nie. Teen 1691 was daar net oor 'n duisend inwoners, plus ongeveer 400 slawe. Ons, hulle afstammelinge, kom uit 'n baie klein genetiese poel en is maar almal eintlik een groot familie. As ons ouer mense "Oom" en "Tannie" noem, is dit nie verniet nie!

Hier volg die eerste tien geslagte in die direkte manlike lyn van ons tak van die Steenkamp-familie in Suid-Afrika: 

Die eerste drie geslagte is die stamvader Jan Harm, sy seun Gerrit, en sy kleinseun Gerrit. Die volgende drie erfgename in ons direkte stamboom was almal Johan David Gerhardus genoem en die laaste vier Jacob Rudolph. Ons sien ook waar die tradisionele familiename Johan David Gerhardus en Jacob Rudolph hulle oorsprong het.
 

Tien geslagte:

1. Jan Harm  

i.Gesina Visser

ii.Jannetje van Eck (ons stammoeder)

2. Gerrit  m Hendrina Kruger

3. Gerrit m Barbara Griesel

4. Johan David Gerhardus  m Johanna Swiegers

5. Johan David Gerhardus m Heiltje Erasmus

6. Johan David Gerhardus  m  Maria Johanna (Miemie)  van Niekerk

7. Jacob Rudolph m Cornelia Carolina (Nellie) du Plooy

8. Jacob Rudolph m Magdalena Johanna (Maxie) van Eeden

9. Jacob Rudolph m Joalet Dalene Gouws

10 Jacob Rudolph (geb 9 Oktober 2007)

Ons Tak van die Steenkamp-Boom : Die Eerste Geslag:

Jan Harmensz STEENKAMP

en Gezina VISSER

Jan Harmensz STEENKAMP  het in 1714  na die Kaap gekom van Nieuwkerk - dis nie duidelik of dit die Hollandse of Belgiese dorpie met dié naam was nie. Die "Harmensz" deel van sy naam is 'n patroniem: voluit "Harmenszoon", menende dat hy die seun was van Harm.

Hy word eienaar van die plaas "Het Slot" in the Drakenstein Distrik, op 4 April 1715.

Hy moes voor 1747 gesterf het, want dit is wanneer sy tweede vrou,  Jannetje VAN ECK,  hertrou het.

Sy eerste vrou was Gesina VISSER, met wie hy getroud is op 14 Oktober 1714.

Jan and Gezina had vier kinders, die jongste 'n tweeling:

1 Margaretha, gedoop 1 Sept 1715, getroud met Floris Smit

2 Johanna, gedoop 4 Oct 1716, getroud met Gerrit Nieuwoudt

3 Jan, gedoop 18 Sept 1718

4 Gijsbert, gedoop 18 Sept 1718

Gesina het gesterf tussen die geboorte van haar jongste (miskien met die geboorte?) en 19 Mei 1720, toe Jan vir die tweede maal trou.

 Sy tweede vrou was Jannetje VAN ECK.

 


No comments:

Post a Comment