Saturday 15 March 2014

Stamvader Jan se Eerste Huwelik


Jan Harmszoon Steenkamp se eerste vrou was Gesina VISSER, met wie hy getroud is op 14 Oktober 1714.

Jan and Gezina had vier kinders, die jongste 'n tweeling:

1 Margaretha, gedoop 1 Sept 1715, getroud met Floris Smit

2 Johanna, gedoop 4 Oct 1716, getroud met Gerrit Nieuwoudt

3 Jan, gedoop 18 Sept 1718

4 Gijsbert, gedoop 18 Sept 1718

Gesina het gesterf tussen die geboorte van haar jongste (miskien met die geboorte?) en 19 Mei 1720, toe Jan vir die tweede maal trou.

Sy tweede vrou was Jannetje VAN ECK.

Die Vrou se Kant ( al is Gesina Visser nie ons voormoeder nie, is dit interessant om iets van haar en haar familie te weet.)

Gesina VISSER was die dogter van Gerrit Jansz VISSER, gebore in Overijssel, Friesland,en sy vrou Jannetje Hendriks THIELEMANS, gebore aan die Kaap. ("Jansz" = "Janszoon": seun van Jan)

Gesina se grootouers aan vaderskant was Jan Coenraad VISSER, 'n soldaat en prediker, wat na die Kaap gekom het  in 1657 van  Friesland, waar hy gebore is, en sy vrou Margaretha GERRITS, gebore  in Hardenberg, Nederland, c.1640.

Die twee is getroud in Nederland, c.1653. Margaretha het agtergebly terwyl  Jan Coenraad na die Kaap gekom het -  sy het gevolg in 1662 met hulle vyf kinders.

Gerrit Jansz VISSER, vader van Gesina, was hulle sesde kind en die enigste een gebore aan die Kaap.

Hulle tweede kind en oudste seun, Gesina se oom,  Coenraad VISSER, was getroud met Catherina Everts van der Zee, maar hy het ook 'n jarelange verhouding gehad met sy moeder se slavin, Maria van Negapatnam. (Negapatnam is in die moderne Indiese provinsie Tamil Naidu, hoofstad Chennai.)

Coenraad VISSER was die vader van tien kinders. Ons weet nie hoeveel van hulle was sy vrou s'n nie - sy Indiese houvrou Maria had ten minste drie kinders by hom.

Gesina se grootmoeder Margaretha GERRITS was vermoor deur haar huisslaaf Claas (van Malabar in Suid-wes Indië): Op 'n Vrydagaand in Maart 1692 was Margaretha in die kombuis besig, toe die slaaf Claas daar deurstap met die byl, op pad om te gaan hout kap. Sy raas nog met hom omdat hy nie reeds die hout klaar gekap het nie, toe skree hy op haar: "Jou lelijke oud hond, jij moogste den selvers gaan haalen!" Sy mik om hom 'n klap te gee, en daarmee kap hy haar in die nek met die byl: haar kop was amper heeltemal af.

No comments:

Post a Comment