Saturday 15 March 2014

Die Derde Geslag


Die Derde Geslag:
 

Gerrit STEENKAMP en

Barbara Margaretha GRIESEL

Gerrit STEENKAMP, gedoop 24 Feb 1771, getroud 13 Maart 1796 met

Barbara Margaretha GRIESEL, gebore Paarl Junie 1780.

Vier Kinders:

1 Anna Maria Jacoba, gedoop 9 Nov 1800, vernoem na haar ouma  Anna Maria Jacoba PELSER.

2 Onbekend

3 Johan David Gerhardus b.15 Mei 1805, dood as baba.

4 Johan David Gerhardus, gebore 15 Mei 1808, Kaapstad, gedoop 7 Aug 1808. Hy was 'n boer. Sterf 27 Mei 1872 op Hopetown, in die ouderdom van 63 jaar en 16 dae. 

Death notice dd 1872 held at Cape Archives, Cape Town. File ref: MOOC6/9/140 ref 8358

 He was waarskynlik vernoem na sy twee oupas, Johannes David Grootschel (of Griesel) en Gerrit Steenkamp. Die plat-Hollandse "Gerrit" verander in die meer formele "Gerhardus".

Hy trou 22 Feb 1832 op Graaff-Reinet met Johanna Cornelia Jacomina SWIEGERS

gebore 16 April 1814. Sy sterf 15 Nov 1890 op Beren in die Hay Distrik, nou Postmasburg, in 'n "ongeluk", maar watter soort ongeluk word nie vermeld nie.

Hulle het twaalf kinders gehad.

Die Vrou se Kant

Barbara Margaretha GRIESEL was die dogter van Johannes David GROOTSCHEL (later Griesel), van Copenhagen.

Hy was 'n matroos op die Deense skip Olifant wat  skipbreuk gely het in 1750 aan die Kaapse kus by Mosselbaai. Hy het die ramp oorleef en werk gekry by Casper Badenhorst vir wie hy twee jaar gewerk het. Daarna was hy in diens van die Heemraad N. Vlok.

In 1760 trou hy met Anna Maria Jacoba PELSER.

Die van het geleidelik verander in die Drakensteinse doopregisters: Grootschel in 1761, Grisschel in 1771, Grisel in 1794 en teen 1800 het dit Griesel geword.

Dit lyk asof dit by hierdie seevarende Deense voorvader is waar die "Johan David" van ons tradisionele Steenkamp-familienaam Johan David Gerhardus begin het.

********************************************************

No comments:

Post a Comment